Investors & media

Home > Investors & media > Media coverage > Petmin se netto wins baie hoër
Printer friendly

Media coverage


Petmin se netto wins baie hoër

12 September 2006

Beeld

Petmin se netto wins ná belasting in die jaar tot einde Junie was R48,6 miljoen, 72% beter as in die vorige jaar.

Dié resultate sluit in die resultate van die volfiliaal SamQuarz, ’n silikaprodusent, oor 12 maande en dié van die antrasietprodusent Springlake oor sewe maande.

Die wesensverdienste per aandeel het met 54% tot 4,98c toegeneem van 3,24c verlede jaar. Die verdienste per aandeel was 2% laer op 16,38c teenoor 16,74c verlede jaar, wat die verwateringsuitwerking weerspieël van die uitreiking van 82 miljoen nuwe aandele om die Somkhele-antrasietprojek in KwaZulu-Natal te finansier.

In die lig van die finansiering van dié projek en die uitbreiding van die SamQuarz-bedrywighede in Mpumalanga, het die maatskappy besluit om nie in dié jaar ’n dividend te verklaar nie.

Die inkomste in die jaar was 201% hoër op R176,7 miljoen, waarvan die bydrae van SamQuarz met 54% toegeneem het tot R90,6 miljoen. Springlake se bydrae het R86,10 miljoen beloop.

Petmin het aandeelhouers in Julie ingelig dat die maatskappy goedkeuring van die Reserwebank verkry het om op die alternatiewe beleggingsmark van die Londense aandelebeurs te noteer.

© 2009 Petmin Limited